Koerier

'n Mercedes Sprinter word ingespan as 'n afleweringswa vir UPS.

'n Koerier is 'n persoon of firma wat pakkette en pos aflewer. Gewoonlik word goedere wat per koerier gestuur word, vroeër afgelewer as wat dit sou in die geval van konvensionele pos. Daar word meestal van vragwaens en vliegtuie gebruik gemaak, maar in stede gebruik koeriers ook fietse en bromponies. Huurmotors word ook soms ingespan om koerierdienste te lewer.

Daar is wêreldwyd vele koerierdienste, waarvan United Parcel Service (UPS) die grootste is. In Europa is TNT NV en DHL die markleiers.

'n UPS posbus waarin pakkies geplaas kan word vir aflewering.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search